Raaiselspieël

Raaiselspie l Haar gawe kom van donkerbloed haar pa se opdrag van agter die doodsgordyn

  • Title: Raaiselspieël
  • Author: Chanette Paul
  • ISBN: 9780799364934
  • Page: 438
  • Format: Paperback
  • Haar gawe kom van donkerbloed haar pa se opdrag, van agter die doodsgordyn.

    • Raaiselspieël By Chanette Paul
      438 Chanette Paul
    • thumbnail Title: Raaiselspieël By Chanette Paul
      Posted by:Chanette Paul
      Published :2019-05-15T05:57:10+00:00

    About “Chanette Paul”

    1. Chanette Paul

      Chanette Paul word rond en bont groot Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is Die tweede, n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk Sedertdien het n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook agtien romanses Vir haar debuutromanse ontvang sy Perskor se prys vir beste romantiese fiksie Sy skryf ook drie ernstiger romans en in 1999 en 2006 is Wip van die droomvanger en Leila word lig onderskeidelik op die kortlys vir die ATKV Prosaprys.Sy verwerf egter eers bekendheid met haar twee reekse, naamlik die sewe historiese liefdesromans genaamd die Davelvroue reeks, en vyf romantiese spanningsromans wat in die volksmond bekend staan as die Gys Niemand reeks Boheem, die derde boek in di reeks is n finalis vir die 2010 ATKV Woordveertjie in die kategorie Spanningsromans.N die Gys Niemand reeks volg die Maanschijnbaai tweeluik wat saam n humoristiese familieroman vorm oor vier Calitz vroue wat moet saamstaan teen die samelewing Die tweeluik is finalis vir die 2013 ATKV Woordveertjie in die Liefdesroman kategorie Die eerste boek in die tweeluik, Jo Sue, is ook deur lesers aangewys as Lapa se 2012 Lekkerlit Boek van die Jaar Die tweede boek se titel is Nan Jeannie Kort op die hakke van die tweeluik volg twee enkelstaande spanningsromans, naamlik Labirint, wat in Oktober 2012 verskyn en Siende blind in Julie 2013 Siende blind word aangewys as Lapa se 2013 Lekkerlit Boek van die Jaar.Raaiselspie l is weer eens spanningsroman en het onlangs verskyn.Chanette woon in n skewerige huisie op die oewer van die Kleine Rivier in die Overberg waar sy met allerlei storiedinge bedrywig is Besoek gerus haar blog by chanettepaul.wordpress of twiet haar by twitter Chanettie Sy is ook op Facebook bedrywig.

    335 thoughts on “Raaiselspieël”

    1. Raaiselspieël is weereens 'n meesterstuk. Ek moes myself telkemale keer om nie die laaste bladsye te lees nie, wat my net aangespoor het om vinniger te lees. ;-)Buiten vir die bolangse storie is hierdie ook een van daardie boeke wat mens vir 'n oomblik laat stilsit en weer jou oor jou eie lewe laat tob.



    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *